Die afrigter van die All Blacks, Scott Robertson, het bevestig dat hy gereed is vir die kritici as die span by die huis kom.
Dit kom na die Nieu-Seelanders in twee agtereenvolgende Rugbykampioenskap toetse ‘n voorsprong prysgegee het teen die Springbokke.
Volgens Robertson is dit sy span se plig om wedstryde te wen, maar hulle het versuim om ten volle gebruik te maak van hulle geleenthede.
Die All Backs se Rugbykampioenskap veldtog sal eindig met twee toetse teen die Wallabies.
Die eerste sal op 21 September in Sydney plaasvind.
error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×