RUGBY – Die All Blacks se afrigter, Scott Robertson, het sy groep wat na Suid-Afrika sal reis vir hulle twee Rugby Kampioenskap Toetse teen die Springbokke aangekondig.
Kaptein Scott Barrett, die stut Ethan de Groot en die losvoorspeler, Luke Jacobson is almal nadat hulle herstel het van besering in die groep ingesluit.
Die slot Patrick Tuipulotu en die heelagter Stephen Perofeta gaan intussen die toer misloop na hulle op die beserings lys gevoeg is.
Die All Blacks pak die Springbokke 31 Augustus om 17:00 op Ellis Park in Johannesburg.