Rugby se toekoms in Bloemfontein is tydens ‘n vergadering met belanghebbendes bespreek.
Dit volg na die Toyota Stadion deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie tot ‘n klas C-lokaal afgegradeer is. Dit beketen volgens ‘n plasing op die Mangaung Metro Munispaliteit se sosiale media blad die stad en stadion is verbied om enige toetswedstryde en internasionale rugbywedstryde aan te bied.
Volgens die metro se uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, het die stad sy stempel afgedruk as as een van die hoekstene van Suid-Afrika se rugby-erfenis, en voeg by dat hulle graag met die relevante belanghebbendes wil saamwerk om toe te sien dat die fasiliteit opgegradeer word.
Wedstryde bied ook ekonomiese geleenthede vir dir ondernemings in die stad en die afgradering is volgens Nthatisi ‘n groot slag vir die Mangaung-gemeenskap en sentraal Suid-Afrika as ‘n geheel.