Die Sesnasies-reeks sal vanjaar vir die eerste keer gebruik maak van die 20 minute rooi kaart reël.

Diè reël was verlede jaar gedurende die November-toetse op die proef gestel vir die eerste keer in die Noordelike halfrond.

Spelers wat met ‘n rooi kaart van die veld gestuur word kan na die 20 minute tydperk verstryk deur ‘n spanmaat vervang word.

Permanente rooi kaarte kan steeds uitgedeel word as ‘n skeidsregter beslis dat ‘n oortreding met opset plaasgevind het of as dit as ‘n hoë vlak van gevaar beskou word.

Die Sesnasies-reeks begin volgende naweek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×