RUGBY – Die Verenigde Rugbykampioenskap het weer skitter spel die naweek opgelewer met die Sharks en Stormers wat onderskeidelik oor die Lions en die Bulls oorwinnings behaal het.
Die Sharks het die Lions op Ellispark met 29 – 7 verneder en 4 drieë ingeryg teenoor die tuispan wat net 1 keer 5-punte kon aanteken.
Die Noord-Suid Derby het aan al die verwagtinge voldoen en die 41 000 toeskouers op die punte van hulle stoele gehou. Dit was ’n wipplank wedstryd wat die Kapenaars uiteindelik met 23 – 19 kon wen.
Leinster is nog onoorwonne na 14 wedstryde in die kompetisiè terwyl die Stormers steeds in die 2de plek op die puntetabel is met die Bulls en Lions wat onderskeidelik die 6de en 7de plekke beklee.