Die Biltsbok en Olimpiese brons medaljewenner Shaun Williams gaan sewes rugby groet.
Die 26-jarige se kontrak met die Blitsbokke kom aan die einde van Februarie tot ‘n einde en maak die skuif na 15-man rugby.
Williams gaan na Japan verhuis en by die Akita Northern Bullets aansluit.
Hy sal nog beskikbaar wees vir die Blitsbokke vir die Perth- en Vancouver-toernooie wat einde Januarie en einde Februarie beslis sal word.