RUGBY  – Die gewese Engelse flank Brad Shields gaan ook die Hurricanes in die plek van Ardie Savea in die Super Rugby Pacific-reeks vanjaar aanvoer.

Die 32-jarige Shields neem die leisels oor by Wêreldrugby se 2023 Speler-van-die-Jaar Ardie Savea wat nou vir die Kobe Steelers in Japan speel.

*Shields wat ‘n gebore Nieu-Seelander is het vanaf 2012 in 103 wedstryde vir die Hurricanes gespeel en ook diè span in 2018 gelei voordat hy sy loopbaan by die Engelse klubspan Wasps voortgesit het. Shields was ook die kaptein van die span in die gelykopuitslag van 31 – 31 teen die Britse en Ierse Leeus in 2017.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×