RUGBY – Die Shimlas is as die 2024 Varsitybeker Kampioen gekroon na ’n skitter wedstryd Maandagaand teen die Ikeys wat die Bloemfontein studente met 45 – 42 gewen het.

Die bykans 10 000 toeskouers op Shimlapark is trakteer met studente rugby op sy heel beste. Die Kapenaars het soos ’n Suid-Oosterse stormwind weggetrek en het in ’n japtrap 14 punte op die telbord gehad.

Teen rustyd was Ikeys voor met slegs 5 punte maar ’n vinnige drie deur die tuisspan se skrumskakel Jandrè Nel het die momentum terug in die guns van die Bloem studente geswaai.

Met die telling gelykop 42 – 42 in die doodsnikke was dit die Shimlas se losskakel Ethan Wentzel wat egter koelkop nadergetree het om aan te lê vir ’n strafskop pale toe en het sy arms triomfantelik in die lug gegooi toe die vlaggies omhoog skiet vir ’n roemryke oorwinning.

*Dit is ook slegs die 2de keer sedert die reeks se bestaan dat die beker nou weer staanplek in die Vrystaat kry.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×