RUGBY – Dit was nog ’n Maandagaand wat weereens puik studente rugby opgedis het in die Varsitybeker-reeks.
Wits het seker gemaak dat die verdedigende kampioen Tukkies volgende jaar in die Varsityskild-reeks sal speel nadat hulle die Pretoria studente ‘n 6de agtereenvolgende nederlaag in ’n ry toegedien het met ’n eindtelling van 33 – 21.
In die ander kragmetings het UJ die Maties geskok met ’n oorwinning van 49 – 42 terwyl die die Pukke net te goed teen die Ikeys was en het met 42 – 26 die septer geswaai.
Die hoogtepunt op die rugby spyskaart was egter die plaaslike derby tussen die Shimlas en die Ixias wat die Vrystaatse Universiteit baie maklik met 68 – 36 gewen het.
Die Shimlas is nou tans die 3de op die punteleer met die Ixias in die 5de plek.