RUGBY –  Die Varsity Beker reeks het weereens skitter rugby opgelewer met 5 wedstryde wat gister afgehandel is.

Die plaaslike derby tussen Shimlas en Ixias het ‘n drieëfees opgelewer waar die Kovsies 8 drieë teenoor 3 van die Sentrale Universiteit van Tegnologie gedruk het en met 48 – 27 geseëvier het.

Die Tukkies het Ikeys 38 – 30 geklop terwyl Maties ook maklik met 37 – 10 teen Wits gewen het.  Die Universiteit van Johannesburg het verras en die Pukke met 35 – 14 uitoorlê terwyl die Madibaz met 60 – 26 deur die Universiteit van die Wes-Kaap getroef is.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×