RUGBY – Die Shimlas het gisteraand ’n welverdiende oorwinning oor die verdedigende Varsitybeker-kampioen die NWU-Arende in ‘n riller-kragmeting in Bloemfontein behaal deur met 35 – 26 die septer te swaai.

Die Vrystaat studente het halftyd gemaklik met 21 – 5 voorgeloop voordat die Potchefstromers die voet op die versneller gesit het en soos tiere diè een aanval na die nader geloods het om sake gelyk te trek met 26 – 26.

In die 81ste minuut het die Shimlas se plaasvervanger flank Henri van Heerden die fanatiese tuisskare op hu l voete gehad toe hy  vanuit sy eie halfgebied rieme neergelê om met ’n pragdrie die oorwinning vir sy span te verseker het.

*In die ander wedstryde het die Ixias ook die Universiteit van Wes-Kaapland met 38 – 21 getroef , die Ikeys was met 32 – 21 net te goed vir UJ terwyl die Maties in regte Kaapse eendeweer Wits met 23 – 12 in Stellenbosch uitoorlê het.

 

error: Inhoud is beskerm !!