RUGBY  –  Die Ikeys het in die eerste wedstryd van die dag die Ixias op hul tuisveld oorrompel met ’n telling van 79 – 31. Die besoekers uit die Kaap het 10 drieë gedruk wat ’n strafdrie ingesluit het en ook ’n belangrike bonuspunt verdien vir ’n plek in die halfeindronde.

Die Shimlas het na Stellenbosch gereis en die Maties stukkend gespeel en gemaklik met 43 – 12 gewen. Die Bloemfonteiners het 6 keer gaan druk terwyl die Wynboere met net 2 drieë kon terug antwoord.

Tukkies wat reeds na die Varsity Skild gerelegeer is het vir ’n rekord 7de keer teen UJ met 31 – 37 vasgeval terwyl die Pukke weereens gewys het dat hulle diè span gaan wees om te klop nadat hulle Wits oortuigend met 36 – 3 verslaan het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×