RUGBY – Die Shimlas sal die Ikeys in vanjaar se Varsitybeker eindstryd die stryd aansê nadat diè 2 spanne onderskeidelik met die Maties en verdedigende kampioen die Pukke afgereken het.

Die Bloemfonteiners het die Stellenbossers op hul tuisveld met 38 – 24 getroef terwyl die Ikeys wat laas in 2014 die Varsitybeker omhoog kon lig die Pukke se swak dissipline uitgebuit het om aan die einde gemaklik met 32 – 18 te wen.

*Die eindstryd word eerskomende Maandag om 19:00 op Shimlapark beslis.

error: Inhoud is beskerm !!