RUGBY – Skotland sal eerkomende Saterdag in die openingswedstryd in die Ses Nasie-reeks sonder een van sy staatmakers moet klaarkom.

Die stut Jamie Bhatti moes weens ‘n handbesering van die span onttrek wat teen Engeland uitdraf en word deur London Irish se Allan Dell vervang.

In die ander wedstryd van die naweek speel Ierland tuis teen die huidige Ses Nasie kampioen Wallis. Die wedstryd in Dublin skop om 16:15 (SA Tyd) af.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×