RUGBY – Met die Wêreldbeker wat oor ’n paar dae afskop en Skotland dan ook vir Suid-Afrika in hul 1ste groepwedstryd aanvat is die span vol selfvertroue vir diè ontmoeting teen die Wêreldkampioen.
Grant Gilchrist – wat die skaal op 118kg trek en 2m in sy sokkies staan – het gesê dat die Springbokke se goeie spelpeil hul tans nie slapelose nagte besorg nie. Diè nommer 5 slot het ook genoem dat die Groen en Goud se oortuigende sege oor die All Blacks van 35 – 7 hul meer opgewonde maak vir die ontmoeting teen die Bokke.
Die Suid-Afrikaans gebore vleuel Duhan van der Merwe wat in die ontmoeting teen Georgië die afgelope naweek ook die Man-van-die-Wedstryd was het ook van homself laat hoor en gesê dat die Bravehearts beslis kompetisie vir die Groen en Goud gaan wees en hopelik genoeg probleme vir hulle op die veld kan besorg.
Suid-Afrika en Skotland se Wêreldbeker veldtog begin op Sondag 10 September om 17:45 in Marseille.