Die Springbok-slot RG Snyman is as Leinster se Speler van die Jaar vir die 2024/25-seisoen aangewys.
Diè hemelbesem het beïndruk met sy uithalervertonings in die Verenigde Rugby Kampioenskap-reeks wat ook vier drieë ingesluit het om Leinster se veldtog in diè kompetise te anker.
Ten spyte daarvan dat Leinster in die Kampioenebeker-halfeindstryd teen Northampton Saints te kort geskiet het, het Snyman se vertonings ‘n hoogtepunt gebly wat aan hom ‘n kontrakverlenging tot middel 2026 besorg het.
Linda Djougang is as die Vrouespeler van die Jaar aangewys terwyl Sam Prendergast en Robyn O’Connor die Jong Speler van die Jaar-toekennings huis toe geneem het.
Die Ierse legende Brian O’Driscoll is ook opgeneem in die heldesaal tydens ‘n aand wat uitnemendheid by die klub gevier het.