RUGBY – Die Springbok Vroue 7’s se span afrigter Paul Delport het gese hy is tevrede met die afgeronde vertoning wat hulle in Santiago , Chili gelewer het toe die Blitsbokke 3 uit hul 5 wedstryde gewen het by die Wêreldbeker Uitdaag Reeks.

Suid-Afrika het ook Sri Lanka by die onlangse Statebondspele geklop en die wen momentum behou in diè toernooi met 2 oorwinnings oor die gasheerland en 1 oor Papua New Guinea terwyl die Groen en Goud  teen die meer ervare spanne van Kenia en China vasgeval het.

Die span sal nou hul voorbereiding tuis afsluit wanneer die Rugby Wêreldbeker 7’s toernooi volgende maand in Kaapstad afskop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×