Die Springbok vrouerugbyspan is in Groep D ingedeel vir volgende jaar se Rugbywêreldbeker in Engeland.
Die Suid-Afrikaners sal dus in die groep rondes teen Frankryk, Italië en Brasilië te staan kom.
Die Bokvroue beklee tans die 12de plek op Wêreldrugby se ranglys, en soos dinge tans staan, sal hulle teen twee van die top-tien spanne te staan kom in Frankryk en Italië, wat onderskeidelik vierde en agste plek beklee.
Die toernooi sal op 22 Augustus 2025 afskop, met die kampioene wat in die eindstryd op 27 September bepaal sal word.