RUGBY –Nadat die Springbok vrouespan in Sondag se 1ste toets met 15 – 6 teen Japan vasgeval het, het die hulpafrigter Lungisa Kama gesê dat hulle nie te veel oor wedstryd gaan dwarrel nie maar eerder dit as ‘n platvorm gebruik om te sien waar hulle die gasheer in eerskomende Saterdag se toets kan klop.

Volgens Kama wat ook sake in die agterlyn hanteer het hul 3 keer die verdedigingslyn van die Sakura gebreek maar kon dit nie in punte omskep nie. Die Bokke was ook skuldig daaraan dat kommunikasie op die verdediging te kort geskiet het en dat dit tesame met ‘n strafskop telling van 16 teen die Groen en Goud  op die ou einde die verskil tussen wen en verloor beteken het.

Die 2de toets word Saterdag weer in die Kumagaya Stadion gespeel en die afskoptyd is 03:45 (SA Tyd).

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×