RUGBY – Nieu-Seeland se afrigter Ian Foster wat spartel om oorlewing het 4 veranderinge aan sy span aangebring vir môre se 2de toets op Ellispark nadat die All Blacks in die 1ste toets teen die Bokke met 26 -10 gelooi is.

Ethan de Groot, Tyrel Lomax en Samisoni Tauke’iaho is in die voorry terwyl die besoekers se enigste driedrukker in die 1ste toets Shannon Frizell die nommer 6 trui sal dra en sal saam met Ardie Savea en kaptein Sam Cane besit probeer verseker.

Die enigste verandering agterlangs is dat Richie Mo’unga op losskakel inkom vir Beauden Barrett wat op die reserwebank sal wees.

Die Bokke se afrigter Jacques Nienaber het ook 5 veranderinge aangebring met Ox Nche en Joseph Dweba wat saam met Frans Malherbe in die enjinkamer sal werk terwyl Duane Vermeulen ‘n welkome terugkeer maak in die nommer 8 trui.

In die agterlyn is die opwindende Jesse Kriel op regtervleuel in die plek van die geskorste Kurt-Lee Arendse ingesluit terwyl Jaden Hendrikse saam met Heinrich Pollard die skakelpaar sal wees.

Afskoptyd op Ellispark is 17:05 met die Springbok vrouespan wat ook teen Spaanse Las Leonas in aksie gaan wees wanneer diè geskiedkundige kragmeting om 13:30 in aanvang neem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×