SA Rugby het die Springbokke se teenstanders vir hulle tuis toetse in 2025 aangekondig.

Die Bokke gaan volgende jaar vir Italië, Georgië, Australië en Argentinië gasheer speel.

Italië sal op 5 en 12 Julie teen die Springbokke te staan kom waarna Georgië op die 19de kom kuier.

In die Rugbykampioenskap sal die toetse teen Australië op 16 en 23 Augustus in Suid-Afrika beslis word  waarna die Bokke die Argentyne op tuis bodem op 27 September sal pak maar dit is nog nie bevestig waar diè wedstryde gespeel gaan word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×