RUGBY – Die Springbokke het Saterdagaand in Dublin presies uitgevind hoekom Ierland tans die wêreld se nommer een span is toe die tuisspan met 19 – 16 koning gekraai het teen die Groen en Goud in hul jaareindtoer-reeks.

Die Bokke die grootste gedeelte van die wedstryd oorheers en alhoewel beide spanne 2 drieë gedruk het Suid-Afrika het veel eerder die wedstryd verloor as wat die Iere dit gewen het.

Swak stelskopwerk deur Damian Willemse en Cheslin Kolbe het die Bokke 7 punte gekos maar bygesê het die Ierse kaptein Johnny Sexton ook minder akkuraat na die pale gekorrel as gewoonlik en met 2 doelskoppe gemis.

Die skeidsregter Nika Amashukeli het ook ‘n paar blaser-blapse gemaak waar hy met tye verward en onseker gelyk het. Die geelkaart van Cheslin Kolbe was die kersie op die koek waar diè buksie heelagter en Pieter-Steph du Toit vir Mac Hansen volgens die TV skeidsregter omgedop het en Kolbe vir 10 minute koelkas toe gestuur is.

Die Bokke speel nou weer eerskomende naweek teen Frankryk in die 2de wedstryd van diè toer en sal ‘n veel beter afgeronde vertoning teen die Hane moet lewer nadat die Les Bleus ook die naweek die Wallabies uitoorlê het met ‘n telling van 30 – 29.

7’s RUGBY – Die Blitsbokke se droom om die Hong Kong 7’s-titel te wen het ook tot ‘n einde gekom toe Fidji naelskraap in die kwarteindronde met ‘n telling van 12 – 7 die knoop kon deurhak.

Die Groen en Goud het daarna in hulle laaste wedstryd van diè toernooi vir die 5de plek uitgespeel waar die span deur Argentinië met 19 – 12 getroef is.

Die Dubai 7’s wat die vroue toernooi insluit is volgende aan die beurt en vind plaas tussen 2 en 3 Desember.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×