RUGBY – Die wêreldkampioen het laasnaweek stadig  in Adelaide begin en kon nie druk in punte omskep nie nadat die tuisspan die Groen en Goud hulle 2de nederlaag in ‘n ry toegedien het.

Die Bok afrigter Jacques Nienaber moes ook weens beserings ‘n paar noodgedwonge veranderinge maak. Steven Kitshoff en die bomb squad breker Malcolm Marx sal saam met Frans Malherbe in die voorry sak terwyl Jasper Wiese oorneem by Duane Vermeulen wat na die reserwebank toe skuif.

Agterlangs is Wille Roux terug op heelagter terwyl die nuweling Canan Moodie die nommer 14 trui sal dra. Jessie Kriel versterk die middelveld saam met Damian de Allende terwyl Damian Willemse en Jaden Hendrikse die nuwe skakelpaar sal wees. 

Die afskop in Sydney is 11:35 (SA Tyd). 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×