RUGBY – Goeie nuus vir Cheetah ondersteuners met die Europese Uitdaagbeker-reeks wat oor ’n paar dae afskop is dat die Springbok speler Frans Steyn op die vliegtuig sal wees wanneer die span Maandag na Parys vertrek.
Die 35-jarige Steyn wat ook weens ’n kniebesering nie vir die Bokke se jaareinde toer oorweeg was nie sal egter oorgehaal wees om te wys dat hy slaggereed is vir die Vrystaters se Europese ekskursie.
Steyn wat ook die grootste deel van sy rugby vir Montpellier gespeel het sal saam met Ruan Pienaar en Robert Ebersohn vertroud wees met die toestande in Frankryk terwyl Schalk Ferreira , Aranos Coetzee en Mzwanele Zito ook reeds klubrugby daar gespeel het.
Die Cheetahs speel in hul eerste wedstryd teen Pau op 10 Desember wat ook in hul laaste 11 wedstryde slegs ’n wenpersentasie van 45 % gehad het en kom dan ’n week later te staan teen die Walliese klub Scarlets in Parma, Italië.