RUGBY – Die Toyota Cheetahs het ’n terugslag beleef in die Europese Uitdaageker-reeks nadat Frans Steyn weens ’n dyspierbesering moes terugkeer na Suid-Afrika. Andell Loubser vervang Steyn terwyl die haker Marnus van der Merwe ook reeds terug in die land is nadat hy verlede week in ’n oefening seergekry het en Janus Venter ook reeds in sy plek by die span aangesluit het.
Die flank Oupa Mohoje sal ook later vanaand aanlyn voor ’n tugkomitee moet verskyn nadat hy vir ’n gevaarlike duikslag uitgewys is teen die Pau in hul kragmeting die afgelope naweek. Mohoje het luidens ’n verklaring kontak met sy skouer teen die gesig van Pau se buitesenter Yvan Reilhac gemaak en diè speler met ‘n blouoog gelaat.
Die Cheetahs speel Saterdag teen Scarlets met die wedstryd wat om 17:15 (SA Tyd) afskop en sal ook regstreeks op SuperSport uitgesaai word.
Intussen is die afrigter van Pau – Sèbastien Piqueronies – ook in die warm water nadat hy na afloop van die wedstryd teen die Cheetahs die Skotse skeidsregter Sam Grove-White gekonfronteer het en aan die arm gepluk het. Sy verhoor sal ook vandag plaasvind en indien hy skuldig bevind word kan hyself vir ongeveer 14 maande uit alle rugby geskors word.