Die Stormers-flank Deon Fourie het Leinster se sportmangees gekritiseer nadat die Kaapse francise die afgelope naweek in Dublin met 36-12 teen die Ierse span vasgeval het.
Volgens Fourie kon die voorspelers nie hoor of reageer op hulle tekens in lynstane nie weens die feit dat die tuisspan se agttal onophoudelik gegil het op die veld.
Fourie het verder gesê daar is ‘n punt waar sportmangees moet seëvier terwyl die oud-Springbok Victor Matfield ook op Instagram gesê dat hy nog altyd gevoel het sulke aksies is teen die gees van rugby.