Die Stormers gaan na verwagting ‘n groentjie op binnesenter kies vir Saterdag se Kampioenebeker kragmeting teen die Sale Sharks op die DHL-stadion.

Volgens Netwerk24, verneem hulle dat Jonathan Roche in die nommer-12 trui sal uitdraf, terwyl Jean-Luc du Plessis op die plaasvervangersbank sal wees.

Die 21-jarige Roche het verlede jaar in die Curriebeker-reeks op senter uitgeblink, maar sy veldtog is kortgeknip weens ‘n besering.

Die Stormers span, asook die van die Sale Sharks, sal later vandag aangekondig word.

Die twee spanne sal om drieuur Saterdagmiddag afskop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×