RUGBY – In die Verenigde Rugby kampioenskaps-reeks het die Stormers ‘n oortuigende oorwinning van 32 – 10 oor die Leeus op Ellispark behaal. Die besoekers het 4 keer gaan druk terwyl die tuisspan met ‘n troosdrie beloon is kort voor die eindfluitjie geblaas het.

Die Haaie het vriend en vyand verrras deur die Bulle op Loftus Versveld met 29 – 22 te klop. Albei spanne het 4 drieë gedruk maar swak skopwerk pale toe het die Ligbloues die wedstryd gekos.

 

VARSITY BEKER: Na ‘n lang afwesigheid is studente rugby weer terug in volle swang met al 10 spanne wat in aksie gaan wees.

Een van die hoogtepunte is die Shimlas wat die Universiteit van die Wes-Kaap vanaand op hul tuisveld pak en alhoewel dit Valentynsdag is gaan diè twee bulspanne als behalwe rose aan mekaar op die speelveld uitdeel!

Afskoptyd is 19:00.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×