Die Stormers het hul ondersteuners rede gegee om bietjie meer hoopvol te wees vir hulle kanse om te kwalifiseer vir die uitspeel rondtes van die Kampioenebeker-toernooi.

Die Kaapse span loop deur onder die beserings en het Manie Libbok, Ben Jason-Dixon en Keke Morabe by die beserings lys gevoeg na die afgelope naweek se 14-24 nederlaag teen Toulon.

Die span het Maandag vertrek na Londen waar hulle Saterdagaand teen die Harlequins te staan sal kom en waar die kaptein Salmaan Moerat ook deel uitmaak van die 27-man toer groep.

Moerat is nou al vir ‘n paar maande op die kantlyn na hy in ‘n Rugbykampioenskap stryd vir die Springbokke sy knie beseer het maar is onlangs die groen lig gegee om weer te kan speel en daar word verwag dat hy Saterdag die span sal lei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×