Die Stormers het hul ondersteuners weer ’n rede gegee om te glimlag nadat hulle die Bulle op ‘n sopnat Loftus Versveld met 19 – 16 in die VRK-reeks kon troef.

Met diè wedstryd wat meer as ’n uur laat afgekop het weens ’n wolkbreuk wat oor die Jakarandastad uitgesak het was die Kapenaars takties veel beter as die Ligbloues terwyl die Stormers se losskakel Jurie Matthee meer akkurater na die pale gekorrel het as David Kriel.

Die Stormers se afriger John Dobson sal baie beter voel na sy span se uithalervertoning onder diè moeilike speeltoestande terwyl Jake White ’n duur prys betaal het nadat die veelsydige Bok-agterspeler Canan Moodie sowel as kollega Marco van Staden nie die wedstryd kon voltooi nie. Die Bul-slot Cobus Wiese moes ook vroeg in die tweede helfte die handdoek weens ’n beenbesering ingooi.

In die ander kragmeting het die Leeus gate deur die Haaie gehardloop op Emirates Park in Johannesburg en uiteindelik met ’n wentelling van 38 – 14 gebrul.

*Die Suid-Afrikaanse vroue sewesspan het in die eerste toernooi van die Uitdaagreeks in Kaapstad derde geëindig nadat hulle Colombië 29 – 0 in die bronsmedalje wedstryd geklop het.

Kayla Swarts , suster van die SA naelloper Wayde van Niekerk ,  wat haar land verlede jaar by die Olimpiese Speler op die hokkieveld verteenwoordig het , het in haar sewes-debuut een van haar span se drieë gedruk

Kenia het diè toernooi gewen deur Argentinië met 17 – 12 in die eindstryd uit te gestof het.

Die Uitdaagreeks se tweede ronde word Vrydag en Saterdag weer in die Athlone Stadion beslis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×