RUGBY – Die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks was weer in volle swang met verskeie wedstryde wat diè afgelope naweek gespeel is.

In die Suid-Afrikaanse derbies het die Stormers en Lions onderskeidelik met die Sharks en Bulls afgereken.

In die Kaap het die Stormers amper hulself van ’n oorwinnig beroof maar aan die einde net-net daarin geslaag om die Natallers met 29 – 23 uit te stof. Die tuisspan is in die 70ste en 71ste minuut met 2 geelkaarte gestraf en het amper teen die Piesangboere gegly maar vir die laaste paar minute vasgebyt vir ’n welverdiende oorwinning.

Op Loftus Versveld het die Blou Bulle hulself vasgeloop teen ’n begeesterde Leeus span wat diè kragmeting aan die einde met 29 – 25 gewen het. Die Rooibontes het vinnig ’n voorsprong van 20 – 3 opgebou maar daarna die voet van die versneller afgehaal en die Ligbloues weer kans gegee om hulself terug in die wedstryd te speel.  

Die Bulls en Lions se dissipline het gepla waar die 2 spanne onderskeidelik 12 en 9 strafskoppe afgestaan het en ondersteuners van albei spanne vir seker na die suikerwater laat gryp het.

Die Stormers is tans 2de op die puntelys met die Bulls en Sharks onderskeidelik op nommer 7 en 8 terwyl die Lions nou die 11de plek beklee.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×