Die AVS Bokkieweek se nasionale spanne het weereens hul merk gemaak op die internasionale sportverhoog met indrukwekkende prestasies in sewes rugby, netbal, snelbal en krieket en volgens Ds. Peter Stans , Hoof Uitvoerende Beampte van Afrikaner Volkseie Sport (AVS) , het diè internasionale toere die gehalte van AVS se sport en toewyding van die spelers en afrigters benadruk.
In die sewes-rugby se toer na Spanje het die 0/14’s Duiker en 0/16 Presidentspan skoonskip gemaak en sewe van hul agt wedstryde gewen terwyl die o/19’s dit sewe uit nege en die o/23’s dit vier uit vier gemaak het.
Die o/13’s , o/15’s , o/17’s en die o/23’s se netbal en snelbal spanne het ook suksesvolle toernooie na onderskeidelik Namibië en Hong Kong onderneem.
Op die krieketveld het die o/19 Bokkiespan goeie rekenskap van hulself in Indië gegee en teen sterk teenstand gespeel waar hulle een wedstryd gewen het en in die ander twee net-net uitgemis het om oorwinnings te verseker.
Stans het ook gesê dat AVS Bokkieweek trots is op hierdie ongelooflike prestasies wat Afrikanersport op die internasionale verhoog bevorder en dat hierdiè spanne se toewyding , spanwerk en geesdrif ‘n inspirasie vir jong Afrikaner-atlete van regoor die land is.