RUGBY – Die Stormers het met ‘n puik terugvegpoging gewys waarom hulle die kampioenspan in die VRK-reeks is deur die Leeus met 31 – 22 in hul agterplaas te geklop het.

Die Kapenaars was met lemoentyd reeds 12 punte agter die Gautengers maar het stelselmatig met ‘n terugvegpoging begin en uiteindelik 4 keer gaan druk terwyl die tuisspan net een keer 5 punte kon aanteken.

In die ander wedstryd wat gistermiddag op Loftus Versveld gespeel is het die Bulle die Haaie gekarnuffel en met 40 – 27  geseëvier.

Die tuisspan het 4 keer agter die Natallers se doellyn ‘n draai gaan maak terwyl die besoekers ook self 3 keer in die Bulle die doelgebied gaan tent opslaan het.

Die Ligbloues se nommer 10 Chris Smith se skopvoet was egter meer sekuur waar hy met al vier doelskoppe in die kol was en het ook baie akkuraat na die pale aangelê en ook 4 strafskoppe oorgeklits

Die Bulle en Stormers is nou gelyk op die puntetabel met 24 punte elk alhoewel die Pretorianers een wedstryd meer gespeel het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×