RUGBY – In die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks se eindstryd sal die Stormers op hul beste teen Munster moet wees wat ook die enigste span was wat die Kapenaars in die laaste 18 maande tuis kon klop.

Die Ierse span is ook versterk met die insluiting van Malakai Fekitoa , Connor Murray , Calvin Nash en Springbok slot RG Snyman terwyl Jean Kleyn en Ben Healy ook in die 15-tal behoort te wees.

Die Stormers het ook versterkings aangebring met Deon Fourie en Marvin Orie wat ’n welkome terugkeer maak terwyl dit ook ’n spesiale laaste wedstryd vir kaptein Steven Kitshoff sal wees  wat volgende seisoen by Ulster sal aansluit.

Die 55 000 kaartjies vir die eindstryd was binne 3 ure uitverkoop wat 5000 van Munster se ondersteuners insluit en ook luidkeels gaan probeer wees wanneer verrigtinge  Saterdagaand om 18:30 in die Moederstad afskop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×