Die Springbokke het Saterdagaand voor meer as 80 000 toeskouers op Twickenham gewys waarom hulle tans die Wêreldkampioen is nadat hy Engeland met 29 – 20 in toom kon hou.

Die Groen en Goud se Speler van die Wedstryd Cheslin Kolbe het twee keer gaan druk terwyl Pieter-Steph du Toit en Grant Williams ook elkeen met ’n drie beloon is. Engeland se Oliie Sleighthome en Sam Underhill het dieselfde vir hul span vermag terwyl Marcus Smith die res met sy skopskoen bygedra het.

Alhoewel die Bokke se dissipline gepla het sal Rassie Erasmus dit op die oefenveld regstel wanneer hulle in die laaste wedstryd van die jaar Wallis eerskomende naweek in die Principality Stadion in Cardiff die stryd gaan aansê.

In die ander wedstryde wat die naweek gespeel is het Ierland vir Argentinië met 22 – 19 uitgesien, Japan was 36 – 20 baas oor Uruguay , Skotland het Portugal met 59 – 21 karnuffel terwyl Frankryk aartsvyand Nieu-Seeland met 30 – 29 in Stade de France kon stuit.

error: Inhoud is beskerm !!