Die Springbokke het hulle voorsprong bo op Wêreldrugby se ranglys vergroot met hulle 29-20 wen oor Engeland die afgelope naweek.

Die All Blacks het hulle greep op tweede plek verloor na hulle Saterdagaand in Parys met 29-30 vasgeval het teen Frankryk terwyl Ierland tweede plek oorgeneem het na hulle 22-19 oorwinning oor Argentinië.

Die Springbokke het tans 92.78 punte gevolg deur Ierland op 90.78 en die All Blacks ’n kortkop agter hulle met 90.09

Die res van die top tien is  onderskeidelik Frankryk , Argentinië , Skotland , Engeland , Australië , Fidji en Italië.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×