RUGBY – Die Springbokke is gereed vir ‘n groot aanslag teen Ierland wanneer hierdiè 2 rugbyreuse mekaar môreaand in Stade de France die stryd gaan aansê.

Die afrigter Jacques Nienaber het ’n sterk span gekies om die wêreld se nommer een die stryd aan te sê.

Die skrum word geanker deur Steven Kitshoff , Bongi Mbonambi en Frans Malherbe terwyl Eben Etsebeth en Franco Mostert die slotpaar sal wees. Die lostrio is kaptein Siya Kolisi , Pieter-Steph du Toit en En Jasper Wiese.

Faf de Klerk en Mannie Libbok sal die nommer 9 en 10 trui dra met Damian de Allende en Jesse Kriel wat die verdediging in die middelveld gaan hanteer. Cheslin Kolbe , Kurt-Lee Arendse en Damian Williemse  sal die agterste driehoek vorm.

Die bomb squad bestaan uit: Deon Fourie , Ox Nche, Trevor Nyakane, Jean Kleyn, RG Snyman, Marco van Staden, Kwagga Smith en Cobus Reinach.

Diè wedstryd skop 21:00 (SA Tyd) af.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×