Rugby Australië en Wêreldrugby het aangekondig dat Sydney se Olimpiese-stadion in 2027 sal gasheer speel vir die Rugbywêreldbeker eindstryd.

Sydney het ook gasheer gespeel vir die eindstryd die laaste keer toe Australië die Rugbywêreldbeker aangebied het, in 2003, waar die Wallabies in die eindstryd teen Engeland verloor het.

Verder sal die Accor-stadion in Homebush gasheer speel vir twee kwarteindstryd wedstryde, ‘n halfeindstryd en die wedstryd vir derde plek.

Perth se Optus-stadion sal die openingswedstryd huisves op 1 Oktober 2027.

Geen wedstryde sal in Brisbane gespeel word nie weens die feit dat die Suncorp-stadion slegs sitplek het vir 52-en-’n-half-diusend toeskouers.

Die loting vir die groepe sal Januarie 2026 plaasvind, 18 maande voor die toernooi afskop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×