RUGBY – Die Springbok-sewesspan se Wêreldbeker toernooi het Vrydag goed afgeskop met ‘n vuurwarm vertoning teen Chile maar het laat Saterdagaand tot ‘n einde gekom toe hulle deur Ierland met 24 – 14 in kwarteindronde uitgeskakel is.
Die span se droom om die Melrose Beker in te palm en vir afrigter Neil Powell ‘n perfekte afskeids-geskenk te gee in sy laaste toernooi as breier het egter nie gerealiseer nie.
Die Vroue 7’s het ook ‘n teleurstellende naweek in die Moederstad gehad toe hulle in die 1ste wedstryd teen Frankryk met 29 – 0 afgeransel is en daarna teen Japan met 12 – 14 vasgeval het. In die uitspeelwedstryd vir die 13de plek kon Paul Delport se span ook nie die knoop teen China deurhak nie en het met 21 – 19 verloor.