Die afrigter van Wallis se nasionale rugbyspan, Warren Gatland, het ‘n terugslag beleef voor hulle toets teen die Springbokke die komende Saterdag.

Die Drake sal sonder slot Adam Beard wees, wat ‘n kniebesering opgedoen het in hulle 52-20 nederlaag teen die Wallabies die afgelope naweek.

Beard is vrygestel van die groep en daar is geen plaasvervanger opgeroep nie.

Dit is nog nie bevestig hoe lank Beard op die kantlyn gaan wees nie.

Wallis gaan probeer om die naweek ‘n twaalfde agtereenvolgende nederlaag te vermy wanneer hulle die Bokke op die Principality-stadion verwelkom.

error: Inhoud is beskerm !!