RUGBY – Die Cheetahs het gewys van watter stoffasie hulle gemaak is toe die Oranje masjien die Pumas Saterdagmiddag met 25 – 17 voor 33 804 toeskouers in die Toyota Stadion geklop het om as die nuwe Curriebeker kampioen gekroon te word.

Dit was ’n tipiese eindstryd waar dit nie altyd sprankel rugby opgedis het nie maar wel een van hoogstaande gehalte. Die Cheetahs met weereens met ’n briljante Ruan Pienaar seker gemaak hulle bly voor op die telbord en is uiteindelik met 3 drieë teenoor 1 beloon. Pienaar was ook in die kol met 2 doel- en 2 strafskoppe.

Die Pumas se afrigter Jimmy Stonehouse was vol lof vir die Cheetahs se spel terwyl die Cheetahs se breier Hawies Fourie ook bygevoeg het dat ‘n eindstryd gespeel word om gewen te word en dat hy vol vertroue was dat sy span aan die einde van die dag die trofee omhoog sou kon lig.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×