RUGBY: Dit is amptelik: Die Toyota Cheetahs is terug in die internasionale rugby arena!

In ‘n media verklaring wat gister deur SA Rugby uitgereik is sal die Cheetahs by die 4 ander Suid-Afrikaanse spanne wat tans deel van die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks uitmaak aansluit wat van volgende seisoen af in die Heineken Kampioenskaps- en EPCR Uitdaag Beker- kompetisie sal speel. 

Dit beteken dat die 5  S.A. spanne nou kragte sal meet teen die beste klub spanne uit Frankryk sowel as Engeland.

Aangesien die Stormers , Sharks en Bulls onder die Top 8 in die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks geëindig het sal diè spanne in die Heineken Kampioenskaps Beker speel terwyl die Lions en Toyota Cheetahs in die EPCR Uitdaag Beker-reeks sake sal uitspook.

Ross van Reenen – Uivoerende Hoof van die Toyota Cheetahs – het gesê dat hulle baie dankbaar is teenoor SA Rugby en al die ander belanghebbendes wat dit moontlik gemaak het vir die Cheetahs om weer in ‘n internasionale kompetisie te kan meeding.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×