RUGBY – Daar wag baie goeie nuus op ondersteuners van die Toyota Cheetahs wat die Vrystaatse span weer binnekort in aksie gaan sien op Australiese en Nieu-Seelandse rugbyvelde nadat Ross van Reenen – Uitvoerende Hoof – hierdie aankondiging  gister gemaak het.

Volgens Van Reenen is die reëlings reeds ver gevorder met hul Australiese teenstander terwyl die onderhandelinge ook volgens plan verloop om twee spanne van Nieu-Seeland en die Noord-eiland te betrek.

Die beplanning is dat die Cheetahs na afloop van die Curriebeker-reeks teen hierdiè spanne sal meeding waar die Vrystaters weg sal speel maar ook dan weer die gasheer sal wees  wanneer hul opponente in die Rosestad aanland.

Van Reenen het ook bygevoeg dat daar reeds datums vasgemaak is en dat daar ook  beoog word om die Noord en Suid franchises van onderskeidelik die Bulle en Stormers ook by hierdiè toernooi te betrek saam met die spanne van Australasië.

En dan het die goeie nuus ook nie daar geëindig nie want Van Reenen het ook onthul dat die Cheetahs volgende jaar in die Kontinentale Skildreeks gaan meeding wat gedurende die Wêreldbeker-toernooi gaan  plaasvind. Hy het ook groot lof toegeswaai aan die Uitvoerende Hoof van die S.A. Rugbyunie Jurie Roux en die rol wat Roux gespeel het om die Cheetahs weer deel van ‘n Europese kompetisie te maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×