RUGBY – Curriebeker-koors het rugby entoesiaste en ondersteuners van die land reeds in ’n stewige wurggreep beet wat in groot afwagting uitsien na ’n skouspel wat homself Saterdagmiddag om 16:00 in die Toyota Stadion gaan afspeel tussen die Cheetahs en Pumas.
Teen gister was reeds sowat 25 000 kaartjies verkoop terwyl die Vrystaat Rugbyunie van mening is dat 30 000 of meer toeskouers ’n baie goeie opkoms vir hierdiè eindstryd sal wees.
Die kaptein van die Cheetahs Victor Sekekete se boodskap aan die span is ook om op hulself te fokus om die druk te verwerk en ook dan aan die ander kant uit te deel gekoppel aan ’n eenvoudige opdrag – en dis om kalm te bly en die wedstrydplan uit te voer.
Die hekke maak reeds om 11:00 oop met die voorwedstryd wat om 12:00 tussen die Vrystaat Vroue en die SWD Arende gespeel sal word.
Kaartjies vir die hoof paviljoen is R200, R150 vir die oop paviljoen en kinders betaal slegs R50 en is beskikbaar by ticketpro.co.za of die kaartjiekantoor in die Toyota Stadion.
Die Cheetahs se begin 15-tal sal in vanmiddag se 16:00 bulletin bekend gemaak word.