RUGBY – Hy was nog verlede jaar op die skoolbanke in Grey Kollege en het ’n fanstastiese laaste sportjaar gehad waar hy ook vir die Cravenweek span en toe die SA Skolespan geskies was en nou gaan die jong Christiaan van der Westhuizen moontlik ook sy plek op die reserwebank vir die Cheetahs in hul Europese Uitdaagbeker wedstryd Sondagmiddag inneem.
*Van der Westhuizen sal egter nog so klein bietjie geduldig moet wees op sy speelkans nadat die finale 15-tal ook vroeër vanmiddag die groenlig gekry het.
Die span is:
- Schalk Ferreira
- Louis van der Westhuizen
- Aranos Coetzee
- Rynier Bernardo
- Victor Sekekete (K)
- Gideon van der Merwe
- Friedle Olivier
- Jeandré Rudolph
- Ruan Pienaar
- George Lourens
- Cohen Jasper
- Reinhardt Fortuin
- Evardi Boshoff
- Munier Hartzenberg
- Tapiwa Mafura
Die plaasvervangers is: 16. Marko Janse van Rensburg , 17. Alulutho Tshakweni , 18. Hencus van Wyk , 19. Carl Wegner , 20. Daniel Maartens , 21. Sibabalo Qoma , 22. Rewan Kruger , 23. Ali Mgijima
Die Toyota Cheetahs sal op soek wees na ‘n 3de agtereenvolgende oorwinning in die Europese Uitdaagbeker-reeks wanneer die 2023 Curriebeker kampioen Sondagmiddag teen Pau in Amsterdam te staan gaan kom.
Die afskop is 15:00 (SA Tyd) en word regstreeks op SuperSport uitgesaai.