RUGBY  – Die Toyota Stadion  –  tuiste van die Toyota Cheetahs – sal vanaf die 15de April sy jaarlikse nuwe groen baadjie aantrek wanneer diè speeloppervlak met nuwe gras bedek gaan word.

Dit  geskied na die laaste SA Beker wedstryd teen die Oostelike Provinsie wat Saterdagmiddag gespeel word en die proses sal ongeveer 6 weke duur wat tot gevolg sal hê dat die Cheetahs se tuiswedstryd teen die Griekwas op 17 Mei  op ’n alternatiewe veld gespeel sal word.

*Die Toyota Stadion  sal dan ook gereed wees vir die geskiedkundige 1ste toets tussen die Springbokke en Potugal wat op 20 Julie  in Bloemfontein plaasvind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×