RUGBY –  In ‘n media verklaring wat gister uitgereik is het Ross van Reenen, Uitvoerende Hoof van die Vrystaat Cheetahs bekend gemaak dat die Toyota Uitdaagreeks weer tussen 30 September en 21 Oktober in die Toyota Stadion gaan plaasvind.

Na die eerste suksessvolle toernooi wat in November 2021 aangebied is sal die Cheetahs nou saam met die Griekwas , Italië A , die Opkomende Ierland- en VSA Nasionale A spanne in aksie wees waar die wenspan met R250 000 in elke wedstryd gaan wegstap.

Toeskouers wat hul gunsteling spanne in die Toyota Stadion en op sosiale media ondersteun het baie om na uit te sien met heelwat kontant pryse wat op die spel gaan wees terwyl die spelers ook met “positiewe spel” in wedstryde beloon  gaan word.

Die Toyota Cheetahs sal ook nou weer die geleentheid kry om die bordjies teen die Griekwas te verhang nadat die Poubloues hulle vroeër vanjaar in die Curriebeker-reeks in  Kimberley met 46 – 18 geklop het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×