RUGBY – Die Lions se woelwater flank Emmanuel Tshituka is vir 3 weke geskors nadat hy ’n rooi kaart gekry het in sy span se uitspeel wedstryd teen Racing 92’ in die Europese Uitdaagbeker toernooi.
Tshituka het in ’n wegbreek-beweging Racing se heelagter Louis Dupichot probeer afstamp maar diè speler teen die kakebeen met sy elmboog getref.
Volgens Reël 9.11 is die aanbevele straf ’n skorsing van 10 tot 52 weke maar a.g.v. Tshituka se skoon rekord en ook sy verskoning aan Dupichot sal diè vurige losvoorspeler van die Rooibontes weer op die 24ste April vir sy span mag uitdraf.
Die Lions speel Saterdagaand om 21:00 (SA Tyd) teen die Glasgow Warriors in die kwarteindronde van die Europese Uitdaagbeker toernooi.