RUGBY – Die Universiteit van Wes-Kaapland is ook gister as die kampioenspan in die Varsityskild-reeks gekroon nadat hulle ’n sterk aanslag teen die Kaapse Skiereiland Universiteit afgeweer het om uiteindelik met 24 – 18 te kon seëvier.

Alhoewel die Skiereilanders naby aan ’n roemryke sege gekom het, het ’n paar hanteerfoute ingesluip wat die span se momentum gekniehalter het maar ook bygesê dat Wes-Kaapland aan die einde soos tiere verdedig het.

UWK sal volgende jaar hul terugkeer tot die Varsitybeker-kompetisie maak nadat die 2022 kampioen die Tukkies tot diè einste Skild-reeks gerelegeer is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×