RUGBY – Met die Curriebeker-reeks wat nou in die pylvak begin inbeweeg, is daar nog goeie nuus vir ondersteuners van die Toyota Cheetahs.

3 nuwe spelers het kontrakte met diè unie gesluit om hul rugby voortaan in Bloemfontein te speel.

Die skakelpaar kombinasie van Reagan Oranje en Abner van Reenen sal in Julie by die Oranje Masjien aansluit terwyl die haker Vernon Paulo November maand sy tuiste in die Rosestad sal maak.

Die losskakel Van Reenen het ook vir die WP en Stormers uitgedraf het en ook klubrugby in Italiè gespeel terwyl Oranje wat by die Griekwas ingeskakel was die Cheetahs se skrumskakel arsenaal gaan aanvul. Die woelige en hardwerkende Paulo wat ook deel was van die seëvierende Noord-Wes Arende in die Varsitybeker-reeks was sal vir 24-maande beskikbaar wees vir die Vrystaatse span.

Die Cheetahs wat tans bo-aan die Curriebeker-reeks se punteleer is speel eerskomende Saterdagaand teen die Haaie in Durban.

Afskoptyd is 19:05

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×